Welkom by Kruik Gemeente
stap saam met Jesus • stap saam met mekaar • stap saam met ander
Wat ons droom
Ons droom dat mense in ‘n groeiende verhouding met Jesus is, wat lewensveranderend vir hulself en ander mense is.
Wat ons strategie is
Om mense te lei, te leer en te bemagtig om saam met Jesus, mekaar en ander te stap.
Wat ons glo
Ons glo dat die kerk ‘n belangrike rol in elke mens se geloofsreis speel, en dat dit ‘n integrale deel van jou geloofsreis moet wees.
Ons glo dat God ‘n drie-enige God is en dat die Vader, die Seun en die Heilige Gees werksaam en sigbaar in ons lewens moet wees.
Ons glo dat Jesus die verlosser van die wêreld is en dat Sy kruisdood en opstanding die verlossing vir elkeen gebring het. Ons glo dat Jesus die enigste weg na die Vader en ewige lewe is, volgens Johannes 14:6 en Johannes 3:16-17.
Ons glo dat die groot gebod in Mattheus 22:37 en die groot opdrag in Mattheus 28:19 die twee pilare is, waarop die kerk gebou moet word.
Het jy 'n gebedsversoek?
Ons wil graag saam met jou bid